Malan Kaleb die Roos


‘n Ou skoolvriend van my en sy vrou, het onlangs hartverskeurend hulle 38 dae oue baba seuntjie (Malan Kaleb Roos) aan die dood afgestaan. Dit het my baie diep getref.Ek het onlangs self deur ‘n miskraam gegaan en as dit so onsetttend seer was vir my, hoeveel te meer vir hulle wat daai lyfie kon vashou.

Malan Kaleb Roos

Ek het die gedig geksryf toe sy pa versoek aan hulle vriende gestuur het, om iets vir hulle en hul seun te dig.

Opgewonde het ek op die Vader se skoot gesit, en gesê:

Daarheen wil ek gaan!

Hierdie is my mammie en pappie wat opreg voor U staan.

Nêrens sal ek U meer kan eer, as in daardie huis my Heer.

Sy het my met vreugde gedra, my pappa het my gehuil met liefde verdra.

Hulle het my Malan genoem…my in hulle familie in geweef,

Ek het in vreugde in hulle arms gesweef.

Ook Kaleb het hulle my genoem, die een wat saam met Joshua gekies het om Kanaan eerste binne te gaan.

Laat hulle vrede vind dat ek voor hulle uit moes  loop, laat hulle verstaan.

Gee hulle asseblief hoop.

Roos het hulle my genoem, die mooiste liefdesblom,

Al breek hulle harte nou en wil hulle van die seer omkom…

My ma is sterker as Simson en my pa soos Moses ‘n leier van sy tyd

Al wil hulle mensehart, met hierdie weggaan soms die hemele verwyt.

Ek is nou geurige wierrook in die Vader se huis,

Ek wag vir julle hier, ek kan nie wag om vir julle die land van melk en heuning te wys.

Dankie vir die liefhê, dankie vir die kans….

 om op die aarde en in die Hemele te dans.

 

 

Yolande van Deventer