Selfsorg Vakansie Akkommodasie

Bekostigbare verblyf gegeur met Afrikaanse hartlikheid

Kom kuier as’t ware aan huis by ons en ervaar Port Alfred (die juweel van die Oos-Kaap) eerstehands. Ons gerieflike familiehuis bied slaapplek vir 8 mense teen ‘n sakpas prys. (Natuurlik bly ons nie by julle in die huis nie, oom Jan en tannie Meisie is wel langsaan in die woonstel sou julle enige moeilikheid hê!)

Daar is twee kamers met twee enkelbeddens en twee kamers met ‘n dubbelbed elk. Elke kamer het gemaklike beddegoed bring net jou eie handoeke saam.

Die een dubbelbed kamer is op die boonste verdieping en kyk uit oor die pragtige marina en kaai. Die vertrek loop uit op die dek wat ‘n lekker kuier tafel en braaier het. (Julle gaan dalk vuisslaan oor die vertrek!)

Die tweede dubbelbedkamer het sy eie ruim badkamer met ‘n stort en toilet.

Daar is ook ‘n tweede badkamer met ‘n bad, stort en toilet. (Hy werk lekker vir die kleingoed.)

Die leefarea het ‘n gesellige kroegie, kaggel en tv kamer. (TV pakket sluit volle Dstv explora in en vir die wat op die internet boer is  daar gratis wifi.) Hier kan julle sommer bietjie van ons familie geskiedenis ook sien.

Daar is twee stoepe met sy eie braaier elk. (Dis die Oos-Kaap, die wind kan van enige kant af kom en as mens wil braai moet jy kan braai.) Net die regte plekke om die salige tuin, mooi oggende en romantiese sonsondergange te ervaar.

Julle kan verder na hartelus  in die goed toeggeruste kombuis kook. Ons is ‘n familie wat hou van kosmaak en weet hoe heerlik mens kan kuier in die kombuis.

Daar is ‘n wasmasjien en tuimeldroër en ook ‘n huishulp wat 2 dae per week in die oggend inkom.

Die huis is geleë in ‘n stil woonbuurt op die oosbank en is 5 minute van alles wat jy nodig het af. Van die oostelike strand (wat dierevriendelik is) tot die inkopiesentrums en restaurante. Die huis het ons eie twee tweebeen en viervoet woelwaters oorleef en is dus kinder en dierevriendelik. (Ek verwag wel goeie maniere van beide ten opsigte van die meubels en beddegoedjies.)

Die huis het veilige parkering en het ook ‘n alarmstelsel.

Loer gerus op die blog vir stories oor die dorp en die kontrei. Hier is baie om te doen. Die dorpie is halfpad tussen Oos-London en Port Elizabeth (as julle stad toe wil gaan),die jagveld is ook net om die draai (as die manne dalk in die winter wil kom en die vrouens  by die see wil kuier).

Sien julle sommer binnkort.

Geriewe in ‘n neutedop

  • Slaapplek vir 8 met beddegoed
  • 2 badkamers
  • Toegeruste kombuis
  • Wifi
  • Dstv
  • Braaigeriewe
  • Dek met see uitsig
  • Sekuriteit
  • Klere wasgeriewe
  • Dierevriendelik

Adres

5 Lancaster Lane , Port Alfred

Kontakbesonderhede

  • Tel. 066 211 8337 (Yolande van Deventer)
  • Epos: yolsie13@gmail.com
  • Tarriewe
  • R900 per dag vir die hele huis.