Die Avonture van Ella Bella


 

24Fairy-Tale-Sim-on-the-Mushroom-16042012

(Dis hoe Ella Bella in my gedagtes lyk)

As kind het my pa hierdie karakter, Flippie Vuurhoutjie, geskep. Deur Flippie se avonture het hy dit reggekry om al die belangrike lewenslesse en daardie grootmenswêreld dinge, wat moeilik is om te verduidelik en te verwerk, aan my oor te dra op ‘n vindingryke, kindervriendelike manier.

Noudat ek self ‘n dogtertjie (met duidelik net so groot verbeelding soos haar ma) het, wil ek hierdie tradisie voortsit maar met haar eie karakter: Ella Bella. En ek dink ander kindertjies sal haar ook baie geniet. Ella Bella is hierdie ondeunde tuinfeetjie met ‘n sagte hart en die vermoë om die eenvoudigste dag in ‘n avontuur te omskep. Sy maak dan maats met Kabouter, ‘n blonde blou-oog dogtertjie en wys haar die mooi wêreld van haar towertuin en ander vriende en saam help hulle haar navigeer deur die avontuur van grootword. Ek baseer dit op my dogter en ons ondervindinge saam, en ek is seker baie ander mammies en kinders sal kan vereenselwig hiermee.

Kom deel in die avontuur elke week en breek bietjie weg van die stres en gejaag.

Kyk uit vir die eerste deel volgende week!

Groete uit die towertuin!

Foto: Stella-Fantasy