Badsout uit jou eie Tuin


Watter vrou en ma hou nie van ’n badbederfie nie? Badsout is maklik en vinning om te maak, en kos jou nie ʼn fortuin nie.

2013-10-07 19.24.35

Ek het ʼn frisserige kruietuin en dit wat ek nie in die kos gebruik nie, span ek kosmeties in. Badsout is ʼn groot gunsteling by my. Dit maak die harde water sag en kalmeer my gemoed. Ek droog nie noodwendig altyd die kruie wat ek in die badsoute ingooi nie en eksperimenteer ook graag met verskillende mengsels.

Hier is hoe ek dit maak:

4 sakkies seesout

1 pak (500g) Engelse sout

1 pak (500g) Koeksoda

ʼn klein bergie van elk van die kruie wat ek kies, fyngekap (omtrent ook so 500g)

20ml essensiële olie van jou keuse. (kies een wat pas by jou kruie)

Meng alles goed en sit in mooi houers.

Bekyk gerus tannie Margeret Roberts se boek: My 100 Favourite Herbs om meer te lees oor wat die verskillende kruie doen en kies jou kruie na jou behoftes.

Mengsels wat lekker is:

Roosmalva en Lavender

Roosmalva en Lemongrass

Basil en Ment en Tiemie

Suurlemoentiemie en Lemongrass

(jy kan enige een se essentiele olie bygooi, afhangende van watter geur jy wil laat oorheers)

Lekker spa in jou eie bad!