Makietietyd

Chemieman en Zerzant (Zerande se algemene titel in die huis) verjaar albei 30 Maart. Die een om twee te word en die ander een staan op sy laaste trap voor veertig. Mamma is dus besig om kliphard te beplan aan die Groot Makietie. My ma kon my maar net sowel haar doopname gegee het: Johanna […]

Die Tapisserie van My Lewe

Elkeen van ons weef daagliks aan ons lewensprent, jou tapisserie. Die prent wat vorm, word deur die keuse van elke draad bepaal, en die keuse van elke draad op sy beurt weer, deur lewensbesluite en inspirasie. Met die verloop van tyd het die lewe (onder leiding van ʼn Groter Hand) vir my mense oor my […]

My Geheime Lewe as Dubbelagent

Onlangs moes ek die werklikheid in die oë staar, ek lei die lewe van ʼn dubbelagent. Deesdae is ek meestal ʼn (nie so super) ma, maar soms kom my alter-ego uit, al is dit net in my verbeelding. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek dink ma-wees is ʼn beroep wat die nobel prys verdien, ek […]

Groenkloof-Ekspedisie

Die plan het ontstaan, soos enige goeie plan, op die troon. Wegry in die hand, broek om die enkels het my Chemieman inspirasie gekry vir die Groenkloof ekspedisie tydens my gemeenskapsdiensjaar. Na sy oggendsaligheid in die kleinhuisie het ons die 4×4-roete oor koffie in die bed bekyk. “Ek het nou verwonder…,” sê hy. “Jy is […]

Badsout uit jou eie Tuin

Watter vrou en ma hou nie van ’n badbederfie nie? Badsout is maklik en vinning om te maak, en kos jou nie ʼn fortuin nie. Ek het ʼn frisserige kruietuin en dit wat ek nie in die kos gebruik nie, span ek kosmeties in. Badsout is ʼn groot gunsteling by my. Dit maak die harde […]

Malan Kaleb die Roos

‘n Ou skoolvriend van my en sy vrou, het onlangs hartverskeurend hulle 38 dae oue baba seuntjie (Malan Kaleb Roos) aan die dood afgestaan. Dit het my baie diep getref.Ek het onlangs self deur ‘n miskraam gegaan en as dit so onsetttend seer was vir my, hoeveel te meer vir hulle wat daai lyfie kon vashou. […]

Liefde met Verkoeling

Chemieman het vir sy 30ste verjaarsdag ʼn Nissan Patrol gekoop aka die Bostrok, wat nou amptelik ons bosbaba is. Daar is nagte om planne gestook oor hoe ons hom vir die jagtogte en kampaksies gaan inrig.   Waar Chemieman sy oog so nou en dan oor my Weg laat val het, koop hy toe getrou […]

Hoe my Pot sy Deksel gekry het.

Daar was ‘n tyd wat ek my misnoeë oor die kort rakleeftyd van meeste van my vorige verhoudings uitgespreek het. Wel, ek het vir my ʼn Chemieman opgespoor, ‘n deksel vir my pot. Laat ek julle die storie vertel. Dit het als op ʼn vervelige Sondagmiddag begin. Ek en die kandidaat se suster het die grafskof […]